partykeer wil mens net in jou moedertaal so bietjie praat, maar wat is jou moederstaal as jy twee verskillendes het? ek dink dis nogals ontsagwekkende om ‘n taal te kan praat wat uniek is tot suid afrika, uniek aan ‘n volk mense wat teen alle omstandighede gekies het om te volhard. dis my pa se taal, my ouma en oupa se taal, en almal wie voor dit gekom het.
ek vind dit moeilik om myself uit te druk, eks heeltyd tussen twee wêrelde, die engels en die afrikaans, maar is dit nie wat my tog uniek maak nie? dat ek ’n weerspreking is nie. dat ek meer as een ding kan wees, nooit wit of swart nie, maar asemrowend grys is.